Ek is sy.

En ek het vir haar gesê: “Hou jou bek en sit net bietjie stil.

Vat jou brein en sluk hom heel. Verteer die vloek woorde en bou jou muur daarmee heel.
In hierdie wêreld gaan jou vriende by jou steel.”

Ek vat haar hand en ly haar om die bos. Min weet sy wat dit haar gaan kos.
Ek vra haar hart, maar sy sê nee.
Sy gee haar smart en gee nog een tree.

“Wat sal dit kos om te vergeet? Die herinneringe is besig om my van binne af te eet.”

Ek antwoord haar nie, maar staar haar net aan. Dit lyk of haar mond nog woorde kan laat gaan.

Haar oë so groot sy kan daarmee toor, toe laat sak sy haar kop…
Iets het haar liefde gemoor.

“Tenspyte van hoe hard ek veg, het hy my hart en jy het my smart.”

Ek sien sy is arm en gee haar terug, haar smart kan niemand regtig bluf.

Sy kyk my aan en neem my hand. Sy vat haar smart, gooi dit in die lug en ons kyk daarna
soos dit in die gif beland.

Haar woorde was klaar en my oë verstom. Dat iemand so swak, tog sterk-wees kan laat blom.

Ek byt my lip sodat ek stil kan bly.
Sy kyk een keer om, en dis toe sy by die wal af gly.

Ek skree: “Hou jou bek en kom sit net bietjie stil.”
En dis toe sy agterna gil.
“Dis hier, dis nou waar jy van my vergeet. Ek het genoeg gesit en my mond gehou.
Laat my vry. Laat my gaan. Fok weet! Ek is moeg dat jy, my siek kop, my lewe probeer om dop.”

Ek kyk na haar. Ek kyk na my.
Liewe land.
Ek is sy.

Verlang

Die koue klouter teen my lyf
maar ek lê doodstil.
Dis my gedagtes wat rond dryf,
in my binneste is dit my stem wat gil.

Ek kon sweer jy was hier,
nie lank terug nie
nou net, man!
Jy was (nou net nog) hier.

Hoe vreet kilometers aan jou hart
as jy dan sekerheid het sonder smart?
Ek sou jou nog wou hou,
jou met my hele lyf  toe vou.

Frustrasie lê soos angs op my vel
en dit eet aan my,
maar ook net tot ek jou bel
en ek my oë styf toe maak…
Dan voel ek jou aan my sy.

Kyk na my met daai groen,
sê jy het my lief en jy sal my hou?
Want mansmens…
Ek is lief vir jou!

‘n Man soos my pa

Wat is ‘n pa vir sy dogter.

Ek persoonlik dink dat ‘n pappa die grootste rolmodel in ‘n kind se lewe is. Hetsy, dogter of ‘n seun.

Seuns kyk op na hul pa’s omrede hul die “sterk” figuur is. Die beskermer, die een wat voor vat, dinge aan vat en laat gebeur.

Dan , as ‘n pa so bevoorreg is om ‘n dogter te hê, speel ‘n pa ‘n baie groter rol.

‘n Pa stel standaarde. Hoog of laag en ek is een van daardie wie se pa’s die hoogste standaarde gestel het.

Wanneer dit kom by romanse, het my pa my gewys hoe ‘n man sy vrou moet behandel. Dit natuurlik het gemaak dat ek niks minder soek nie en op my lewenspad was ek al baie in die rug gesteek.

Dan wonder ek, het my pa te hoë standaarde vir my gestel?

In my pa se oë, is my ma die mooiste vrou wat bestaan. Ek dink nie daar is ‘n grooter liefde in hierdie wêreld soos die liefde wat my pa vir my ma het nie. (Buiten God se liefdr vir Sy kinders.)

My pa het my gewys hoe ‘n man met ‘n vrou moet praat. Sag, met respek en waardering. ‘n Man moet sy vrou help.

In al my verhoudings het ek presies net dit gesoek wat my pa my geleer het:
• ‘n man moet sy vrou respekteer
• om romanties te wees hoef nie geld te kos nie, want dit is die klein dingetjies wat tel
• ‘n man moet sy vrou opbou wanneer sy moeg en af gemat voel
•  ‘ n man moet in alle opsigte lojaal wees
• ‘n ware man het net ogies vir een vrou en hy is nie bang om dit te wys nie
• ‘n man moet sy vrou eer en sy sal hom tot in ewigheid ondersteun
• vir ‘n ware man is een vrou genoeg
• ‘n ware man beskerm sy oë en sy gedagtes en so sal sy vrou se hart veilig by hom wees

‘n Man sal sy vrou nooit alleen laat voel al is sy tussen ‘n skare!

Is dit dan teveel gevra om ‘n man te hê soos my pa?

Ja, ja ek weet ‘n vrou het ook haar pligte. En daar is ‘n belofte wat ek gemaak het: om elke dag die beste te wees wat ek kan wees.